ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Stephen van der Walt. Foto verskaf.

Oom Stephen van der Walt oorlede

 

News  Date: 10 August 2012

 

Oom Stephen Armond van der Walt van Makhado (Louis Trichardt) is Vrydag, 3 Augustus, in die ouderdom van 87 jaar oorlede.

Sy gesin en familie was sy rykdom op aarde gewees.

“Hy was op sy gelukkigste as sy gesin en familie almal by mekaar was en gelukkig saam gekuier het,” onthou Oom Stephen se familie.

As ‘n boer in die omgewing het Oom Stephen nie tyd gehad vir aanstellerigheid nie en was hy ‘n veldmens van formaat gewees.

“‘n Paar noue ontkomings in die jagveld was daar ook. Sy beste vriende het hy in die jagveld gemaak. Hy was ‘n man vir wie die mense lief was, respek gehad het en na opgesien het”.

Oom Stephen word oorleef deur sy vrou, vyf kinders, 12 kleinkinders en vier agterkleinkinders.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines