ADVERTISEMENT:

 

In die verlede is vullissake by elke huisie in die munisipale behuising vir bejaardes opgelaai, ‘n reëling wat klaarblyklik nie meer deurgevoer word nie. Laat Lente en Herfsakker se bejaardes het agtergekom dat hulle nou self hul sakke by die hek moet besorg, wat nie vir al die bejaardes moontlik is nie.

Oues moet self plan maak met sakke

 

News  Date: 17 August 2012

 

In die verlede is vullissakke by elke huisie by die munisipale behuising vir bejaardes in Makhado (Louis Trichardt) opgelaai, ‘n reëling wat klaarblyklik nie meer deurgevoer word nie.

Laat Lente en Herfsakker se bejaardes het agtergekom dat hulle nou self hul sakke by die hek moet besorg, of dit maar laat ophoop voor hul huise.

Me. Hilda van Aarde sê dat dit vir baie ou mense moeilik is om hul sakke buite die hek te kry. Daarom het sy haar dogter gevra om haar na die Makhado Munisipaliteit se direkteur van tegniese dienste, mnr. Thivho Ralulimi, te neem.

“Hy het vir my gesê die reëling is dat die munisipale bakkie inry en die sakke by elke huis kry en dit dan uitneem na die hek vir die groot vulliswa om op te laai. Die groot vragmotor se drywer kom egter alleen en het vir ons gesê dat hy nie opgelei is om binne in die terrein te draai nie en dat ons die sakke moet uitdra,” het me. Van Aarde op 1 Augustus gesê.

Tydens ‘n besoek aan die munisipale behuising op 7 Augustus het mnr. Ron Faber gesê dat hy nie beswaar het om die sakke na die hek te neem nie. Sommige inwoners het hul bediendes gestuur om die sakke te neem.

Die munisipale woordvoerder, mnr. Louis Bobodi, het gesê dat indien spesiale reëlings nie met die munisipaliteit getref is nie, vullissakke na hekke geneem word. Bobodi het gesê dat hy nie bewus daarvan was dat slegs die groot  vulliswa tans by die munisipale behuising gebruik word nie, maar nagelaat om te antwoord hoe die saak verder aangespreek gaan word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines