

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 August 2012
‘n Bedlêende bejaarde voer telkens ‘n dapper telefoongeveg as rioolprobleme in haar omgewing kop uitsteek.
Tannie Marie Koekemoer (76 ) van Cillierstraat in Makhado (Louis Trichardt) is reeds die afgelope twee jaar aan die bed gekluister, omdat osteoporose haar effektief verhoed om te beweeg. Sy word die afgelope 12 jaar deur haar dogter, Meisie, versorg.
So een maal elke paar maande stoot die riool buite die hek van haar huis op. Die riool borrel uit die hooflyn by die aangrensende meenthuiskompleks, waarvan die ontwikkeling vir hul in meer as een opsig trane besorg het.
Die pad vanaf die meenthuiskompleks loop effens afdraande verby haar huis en die riool mangat is naby aan die hek van hul huis. Die laaste keer het die rou riool by die huis verby geloop vir twee straatblokke. Die stank was ondraaglik daar waar sy op haar bed lê.
Dit is dan wanneer die moeilike en duur telefoongeveg begin. “Ek bel, dan hoor ek ‘n paar keer ‘hou net bietjie aan’, ‘ek sit jou deur na die regte persoon’ en die musiekdeuntjies speel. Ek het vreeslik mooi gevra dat hulle die riool moet kom regmaak,” vertel tannie Marie. Intussen beloop haar telefoonkoste maklik meer as R200. Tannie Marie bel een dag, wag 'n dag of twee en bel dan weer. So gaan dit vir twee of drie weke aan.
Haar blydskap was groot toe die munisipaliteit verlede Vrydag uitgekom het om die rioolvloei te stop. Net die vorige dag was tannie Marie al so moedeloos dat sy gevoel het dat sy eenvoudig net nie meer kan nie. Sy is ‘n pensionaris wat elke maand haar munisipale rekening stiptelik betaal. Ten spyte daarvan het sy baie moeite, emosionele pyn en onkoste om diens te kry.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
