ADVERTISEMENT:

 

Onwettige immigrant deur olifant doodgetrap

 

News  Date: 10 January 2003

 

PONTDRIF – 'n Verbode Zimbabwiese immigrant wat die Suid-Afrikaanse grens onwettig oorgesteek het, se lewe het Sondag (5de) tot 'n gewelddadige einde gekom toe hy deur 'n olifantbul doodgetrap is.

Volgens kapt. Ailwei Mushavhanamadi, polisiewoordvoerder van die SAPD in Thohoyandou, is die 32-jarige man omstreeks 18:00 op die plaas Samaria III deur die olifantbul bestorm en doodgetrap. Twee ander verbode immigrante wat saam met die oorledene die grens naby Pontdrif oorgesteek het, kon daar slaag om op die vlug te slaan en die polisie te ontbied. Die oorledene se vergruisde lyk is die volgende dag op die plaas gevind.

Kapt. Mushavhanamadi het gesê dat voorvalle waar veral verbode immigrante langs die Suid-Afrikaanse grens deur olifante doodgetrap word, redelik gereeld voorkom, veral naby die Botswana grens. In dieselfde asem het hy verwys na die prokureursvrou, me. Vinkie Malan (46), wat in Julie op dieselfde plaas deur 'n olifantbul doodgetrap is.

Alhoewel die oorledene se naam aan die polisie bekend is, kon hulle teen druktyd dit nog nie bekend maak nie, aangesien sy naasbestaandes nog nie opgespoor kon word nie. Intussen is die ander twee verbode immigrante die polisie behulpsaam in hul ondersoek en sal hulle gedeporteer word, sodra die saak afgehandel is.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines