

ADVERTISEMENT:

News Date: 31 August 2012
‘n Motorongeluk op die Witvlag-pad het Saterdag, 25 Augustus, die lewe geëis van die welbekende mev. Carmen Schlieben.
Die 46-jarige Carmen was vanaf haar en haar man Theo se plaas Rustfontein na Makhado (Louis Trichardt) op pad toe die ongeluk omstreeks 17:00 plaasgevind het. Haar voertuig se band het vermoedelik gebars, waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Sy is op slag dood.
Carmen sal onthou word vir haar jarelange betrokkenheid by Dinnermates, waar sy die kwaliteitbeheer behartig het. Daarna het sy ook laboratoriumwerk en kwaliteitbeheer behartig by die Limpopo Melkery. Sowat vier jaar gelede het sy egter besluit om haar eie droom na te jaag en begin met die kweek van proteas vir die uitvoermark.
“Graag wil ons die Witvlag Plaaswag, die mense wat op die toneel gehelp het, asook almal wat SMS'e en boodskappe van vertroosting gestuur het, bedank vir hul omgee,” het Theo Dinsdag gesê.
‘n Roudiens word Vrydag op die plaas vir wyle Carmen gehou. Sy word oorleef deur haar man Theo, dogter Dominique, ma Gertrude en broer en suster in Duitsland, Dirk en Anke.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
