ADVERTISEMENT:

 

Inligting benodig oor wildehonde

 

News  Date: 13 September 2002

 

Die wildehond (Lycaon pictus) is Suid-Afrika se mees bedreigde karnivoor. Konflik tussen veeboere en wildehonde het in die verlede veroorsaak dat die spesie feitlik in totaliteit beperk was tot die Nasionale Kruger Wildtuin. Meer onlangs is klein groepies hervestig in die Pilanesberg Nasionale Park, Hluhluwe-Umfolozi Natuurreservaat en Madikwe, maar ten spyte hiervan is wildehonde se getalle steeds kommerwekkend laag in Suid-Afrika.

Die erns van die situasie is onlangs weer bevestig met die uitslag van die 2000 wildehondsensus in die Nasionale Kruger Wildtuin. Daar is bevind dat hul getalle met meer as 50% gedaal het sedert 1995.

Dit word al hoe duideliker dat om wildehonde oor die langtermyn suksesvol binne Suid-Afrika te bewaar, meer aandag aan hul beskerming buite die staatsbeheerde parke gegee moet word. Die toename in privaat natuurreservate en wildboerdery bedrywighede het die kanse om so 'n bewarings poging te laat slaag, dramaties verbeter. Daar is egter steeds konflik tussen veeboere en boere met baie skaars of duur wildsoorte. Dit is dus belangrik om die wildehonde nie net te beskerm in die areas waar hulle welkom is nie, maar ook om die potensiële konflik tussen boere en die spesie tot die absolute minimum te beperk. Daarvoor is akkurate inligting omtrent die verspreiding en getalle van wildehonde buite staatsbeheerde parke nodig.

In samewerking met die Green Trust- en die Endangered Wildlife Trust word 'n projek tans van stapel gestuur om 'n nasionale databasis van wildehond waarnemings buite staatsbeheerde parke te ontwikkel. Vir dié doel word inligting omtrent wildehond waarnemings tot so ver terug as 1996, dringend benodig. Persone wat kan help, word versoek om met Peter Lindsey van die Universiteit van Pretoria in verbinding te tree by tel. 082 6794732 of (012) 420 2534 (faks). Sy e-pos adres is [email protected]

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines