ADVERTISEMENT:

 

generic image

Moyo-moordsaak vir eers weer uitgestel

 

News  Date: 14 September 2012

 

Die moordsaak teen die 37-jarige Dennis Moyo is vir eers weer uitgestel.

Moyo, ‘n Zimbabwiër, het weer verlede week in die Rondgaande Hooggeregshof in Makhado (Louis Trichardt) verskyn. Hy word daarvan verdink dat hy die 51-jarige mnr. Rudi Schmidt in 2002 op sy plaas in die Pondrift-omgewing aangeval en vermoor het.

Moyo het verskyn op ‘n klag van moord, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede.

Twee weke gelede het Moyo die hof laat regop sit toe sy regsverteenwoordiger aangedui het dat Moyo sal getuig dat Schmidt se weduwee, Corlia, hom geld aangebied het om haar man te vermoor. Corlia, wat in daardie stadium vir die Staat in die getuiebank gestaan het, het die bewerings teen haar ten sterkste ontken. 

Verlede week het die Staat nog getuienis gelei oor die misdaadtoneel en wat daar destyds gevind is. Terwyl Moyo eers na 10 jaar vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika uitgeruil is, is daar van die forensiese bewysstukke wat nog nie gepresesseer is nie. Regter Rabie het derhalwe Woensdag gelas dat dié bewysstukke bymekaar gekry moet word, sodat dit hofgereed kan wees. Hy het gelas dat ‘n polisiekaptein, wat destyds uitgehelp het met die ondersoek in Schmidt se moord en nou betrokke is by die Valke, die ondersoek moet oorneem en sorg dat die ondersoekwerk afgehandel word.

Moyo se saak is uitgestel tot en met 22 Oktober. Hy sal dan in die Hooggeregshof in Polokwane verskyn, omdat die hof meer sentraal geleë is vir al die betrokke partye.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines