ADVERTISEMENT:

 

Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt het Maadagoggend (1ste) vertrek na die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom. Voor , van links na regs, is Medupi Ramaboea, Mashudu Demanam, André du Preez en Duncan Moodie. Agter is me. Nellie Wolmarans, NJ Prinsloo, Gerda Leonard, Ndivho Makhwanya, Anton Pretorius, mnr. Nico Scheepers, Louwtjie Venter, Gideon Scheepers, Larissa Venter en Didi Moshapo. Arno Venter en Richman Mphepu was afwesig tydens die neem van die foto.

Toneelgroep weer oppad na Aardklop

 

News  Date: 05 October 2012

 

Die toneelgroep van Hoërskool Louis Trichardt is gekies om hierdie week by  die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom op te tree.

Dit volg nadat die groep as die Gauteng streekswenners van die ATKV tienertoneel aangewys is. Hul toneelstuk, Atlas, is geskryf deur oud-Triegie Nico Scheepers, wat verantwoordelik was vir die teks, regie, musiek, choreografie en beligting. Hulle is vir die derde agtereenvolgende jaar gekroon as streekswenners.

Die groep het Maandagoggend (1ste) met die skoolbus vertrek. Dit was ook een van die hoofspelers, Anton Pretorius, se verjaarsdag. Dit is die eerste keer dat Anton saamgaan na Aardklop. “Dit gaan vir my ‘n nuwe ervaring wees. Ek is opgewonde daaroor om teen ander skole van oor die land deel te neem. Ek is nie meer so gestress nie, want ek weet my vriende sal altyd iets snaaks aanvang om my te kalmeer,” sê Anton.

Dit is goue medaljewenner Larissa Venter se derde en laaste keer om saam met die toneelgroep Aardklop toe te gaan. “Ek weet dit gaan absoluut fabulous wees, maar ek is ook maar ‘n bietjie emosioneel omdat dit my laaste keer is,” sê Larissa.

Die Triegie toneelgroep is een van slegs 10 skole landswyd wat genooi is om aan vanjaar se kunstefees deel te neem.  Die kompetisie is straf en die ander deelnemende skole is Hoër Meisieskool Bloemhof, en Hoërskole Eldoraigne, Cradock, Zwartkop, Vredendal, Westvalia, Upington, Brackenfell en Parel Vallei van Somerset Wes.

Die afgelope twee jaar het Hoërskool Louis Trichardt se toneelgroep stof in al die skole se oë geskop deur met die wisseltrofee en prysgeld weg te stap.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines