ADVERTISEMENT:

 

Die Triegie-toneelgroep op die verhoog met Atlas, geskryf deur Nico Scheepers. By Aardklop het Nico vir die derde agtereenvolgende jaar met die prys vir die beste regisseur van tienertoneel weggestap. Foto verskaf.

Toneelgroep naaswenners by Aardklop

 

News  Date: 12 October 2012

 

Louis Trichardt Hoërskool se toneelgroep eindig algeheel tweede tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom met hul toneelstuk, Atlas, en wen daarmee R10 000 vir hul skool.

Die toneelgroep het Atlas twee maal opgevoer voor die amptelike prysuitdeling op Vrydag, 5 Oktober.

Nico Scheepers, wat die toneelstuk geskryf het, wen die prys as beste regisseur. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Nico met hierdie prys wegstap.

Triegies is aangewys as naaswenners, met slegs die Hoër Meisieskool Bloemhof met Spektakel wat hulle getroef het. Die vorige twee jare het die Triegie-toneelgroep eerste in die land geëindig.

Daar het landswyd 154 skole aan hierdie ATKV Tienertoneel-kompetisie deelgeneem. Hoërskool Parel Vallei was derde met Die oop geheim, Eldoraigne vierde met Die koffer en Brackenfell vyfde met Sjuut!

Die Triegie-toneelgroep is in verskeie kategorieë vir pryse genomineer. Van die beoordelaars het dus gereken dat hulle daardie pryse kon gewen het. Hierdie nominasies sluit in Arno Venter as beste akteur, Larissa Venter as beste aktrise, Anton Pretorius as beste akteur in 'n ondersteunende rol en die toneelgroep vir beste ensemble spel en beste hantering van tegniese aspekte.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines