ADVERTISEMENT:

 

Wyle Johan Henning (58). Foto verskaf.

Oud-bekende by munisipaliteit oorlede

 

News  Date: 19 October 2012

 

Mnr. Johan Henning (58), wat vir jare lank ‘n bekende gesig was by die munisipaliteit in Makhado (Louis Trichardt), is op 9 Oktober na ‘n lang stryd met diabetes aan nierversaking oorlede.

Wyle Johan  was vir jare as spesiale werksman in diens by die plaaslike munisipaliteit. Vanweë sy siektetoestand het hy verlede jaar op ongeskiktheidspensioen gegaan.

“Hy was baie hardwerkend en altyd besig met sy hande,” onthou dogter Lorraine haar pa.

Wyle Johan is Sondag vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe. Hy word oorleef deur sy eggenote, Matilda, seun Ruben, Lorraine en drie kleinkinders.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor die gemeenskap vir hul boodskappe van vertroosting en ondersteuning. Spesiale dank is uitgespreek teenoor dr. Casper Venter, die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal, ds. Corné Randall van die NG Moedergemeente, Doves, wat die begrafnis hanteer het, die Just for Fun motorfietsklub wat die begeleiding na die begraafplaas behartig het, die vroue van Mount Fuji Motors vir die eetgoed, asook Johan se sussies, Josie en Ina, vir die hulp met die reëlings.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines