ADVERTISEMENT:

 

Jong Tendani maak opslae in tenniskringe

 

News  Date: 23 August 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Tendani Ramulifho, 'n Graad 8-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, is steeds besig om vir homself naam te maak in tenniskringe en spog reeds met 'n string prestasies die afgelope paar maande.

Vanaf 9 tot 13 Augustus neem hy deel aan die Gauteng Sentraal Junior Tenniskampioenskap op Ellis Park in Johannesburg en dring deur tot die halfeindrondte vir SO/14.

Vroeër vanjaar, gedurende die wintervakansie, is hy vir die nasionale span gekies wat teen suider Afrika lande soos Angola, Namibië en Madagaskar deelgeneem het. Tydens dié geleentheid het hy die kwarteindrondte van die tweede toernooi bereik.

Tendani het ook tydens die wintervakansie deelgeneem aan die Jack van der Westhuizen Junior-toernooi waar hy deurdring na die halfeindrondte. Hy het ook die halfeindrondte van die Wes Rand Junior Ope (Krugersdorp) bereik en berei hom tans voor vir die Free State Super Seven Series en die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines