ADVERTISEMENT:

 

Wyle Tannie Marike du Preez by ´n rare blou orgidee in haar woonsteltuin in Makhado (Louis Trichardt).

Begaafde Tannie Marike (71) oorlede

 

News  Date: 19 October 2012

 

‘n Bekende en besonder begaafde oud-inwoner van Levubu, mev. Marike du Preez (71), word vandeesweek op Levubu te ruste gelê, nadat sy Woensdag (10de) in die Zoutpansberg Privaathospitaal oorlede is.

Tannie Marike, soos sy gemoedelik bekend was, was wyd bekend in tuinboukringe. Sy het vir baie jare ‘n kwekery op Levubu bedryf, waar sy met verstommende vernuf ook rare en waardevolle plante gekweek en vermeerder het. Sy was bekend vir haar besondere vermoë om selfs die veeleisendste plante te laat floreer. ‘n Clivia is na haar vernoem en die mangokwekersvereniging het haar vernuftige bydraes erken met die vernoeming van ‘n mangovariëteit.

Tannie Marike was ook ‘n flink entrepreneur, wat die eerste lodge op Levubu tot stand gebring en vir jare lank met welslae bedryf het.

Ná die dood van haar eggenoot in 2007, het sy vir ‘n jaar lank die volledige vrugteboerdery op Levubu voortgesit, voordat sy in 2008 na Louis Trichardt verhuis het. Sy het haar woonstel omring met ‘n pragtuin en met ‘n waardevolle en skouspelagtige versameling van orgideë.

Tannie Marike, wat vir 'n geruime tyd met haar gesondheid gesukkel het, word oorleef deur haar twee seuns, Bernard en Roan, en vier kleinkinders. Haar  begrafnis vind Vrydag, 19 Oktober, om 11:00 vanuit die NG Kerk op Levubu plaas.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines