ADVERTISEMENT:

 

Nicky Viljoen (35).

Viljoen-saak uitgestel ná nog 12 kla

 

News  Date: 22 October 2012

 

Nikcy Viljoen (35) van Chillypea Bridal Couture het Dinsdag weer in die landdroshof in Makhado (Louis Trichardt) verskyn.

Viljoen word daarvan beskuldig dat hy verskeie mense mislei het deur kontantdeposito’s van hulle te vat om ontwerpersrokke vir hulle te maak. Sy saak is Dinsdag uitgestel tot 8 November vir verdere ondersoek, nadat dit aan die lig gekom het dat nog 12 ander klaers van voorneme is om klagte teen Viljoen in te dien.

Viljoen is aan die einde van September in hegtenis geneem, nadat die Kruger-familie ‘n klag van diefstal onder valse voorwendsels teen hom gelê het, omdat hy glo versuim het om die deposito terug te betaal vir hul dogter se matriekafskeidrok.

Na Viljoen se arrestasie het nog mense na vore gekom om te kla oor rokke wat hy nie klaargemaak het nie. Een so ‘n persoon was die finalejaar onderwysstudent, Mariska Nel, wat binnekort op trou staan. Sy het glo R9 000 aan Viljoen betaal om haar trourok te ontwerp. Na maande se gesukkel het sy ook ‘n klag van diefstal onder valse voorwendsels teen Viljoen gaan indien. Nel het nie, soos vroeër berig, die lap vir haar rok van Viljoen teruggekry nie. Sy gaan wel voort met regstappe om haar geld van Viljoen te vorder.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines