ADVERTISEMENT:

 

Motorongeluk eis lewe van inwoner

 

News  Date: 23 August 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Veertigjarige inwoner van die dorp, mnr. Tim Klapwijk, is vroeg Vrydagoggend (16de) dood, nadat hy in 'n motorongeluk op die N1 na Musina betrokke was.

Mnr. Klapwijk van Saad Chem op Louis Trichardt is dood, nadat hy in 'n trompop-botsing betrokke was sowat 40 kilometer van Louis Trichardt. Beide hy en die bestuurder van die ander voertuig, mnr. Rob Hammel (40), is op slag dood. Mnr. Hammel, klaarblyklik vanaf die Kaap, se lyk het verkool, nadat sy voertuig na die ongeluk aan die brand geslaan het. Niemand is presies seker wat het gebeur nie. Mnr. Klapwijk was onderweg na Musina om chemikalieë by 'n kliënt af te lewer. Hy sou in November vanjaar in die huwelik getree het.

Wyle mnr. Klapwijk het sowat vier jaar gelede na Louis Trichardt verhuis, na hy 'n pos by Saad Chem aanvaar het. Hy was voorheen woonagtig op Mooketsi buitekant Tzaneen waar hy vir ZZ2 gewerk het. Hy sal onthou word vir sy fantastiese sin vir humor en sy uitgebreide belangstelling in die natuur, sowel as geskiedenis. Daarbenewens was hy ook 'n entoesiastiese vlieënier en lid van 19 Eskader se 19 Knights Flying Club. Hy was welbekend veral by die streek se boere.

Wyle mnr. Klapwijk sal Vrydag (23ste) om 11:00 vanuit die Anglikaanse Kerk op Tzaneen begrawe word. Hy word oorleef deur sy ouers, Braam en Barbara van Tzaneen en suster Debbie van Johannesburg.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines