

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 October 2012
Jongmense het ‘n behoefte aan christelike jeugfeeste en jeugaktiwiteite. Hierdie behoefte het na vore gekom met die aanbieding van die interkerklike Juvenis Jeugfees wat vanaf 12 tot 13 Oktober aangebied is.
“Te oordeel aan die reaksie van verskeie jongmense wat die verrigtinge bygewoon het, is daar ‘n groot behoefte by die dorp se jeug na nog soortgelyke jeugaktiwiteite en –inisiatiewe. Die geboorte van Juvenis skep ‘n ideale platform vanwaar behoefte-gerigte inisiatiewe geloods en aangebied kan word,” het pastoor Francois Strydom van Shammah Bedieninge gesê.
“Die Juvenis Fees was 'n wonderlike geleentheid waar verskillende denominasies hande gevat het om 'n naweek te reël waar ons vir die tieners van die dorp kon gewys het dat dit nie vervelig is om 'n Christen te wees nie,” het ds. Corné Randall van die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente gesê.
Vrydagaand (12de) se byeenkoms, wat by Shammah Bediening plaasgevind het, is goed ondersteun. Die danskompetsie se wenners is Agapé, met NG Louis Trichardt in die tweedeplek. Bykans 70 jongmense het gereageer op ‘n uitnodiging vir gebed. Strydom het die vertroue uitgespreek dat hierdie jongmense in hul onderskeie gemeentes ‘n impak sal maak en sal volhou met die verandering wat in hul lewens plaasgevind het.
Saterdag se optog deur Munnikstraat het verbygangers laat stilstaan om te kyk na al die vriendelike jongmense met hul baniere. Tydens Saterdag se groepsaktiwiteite by Laerskool Louis Trichardt het Agapé die hoogste blikkieskostoring gebou, met AGS Charisma in die tweedeplek.
Juvenis beplan om verskeie aktiwiteite en programme op ‘n deurlopende basis aan te bied om geleenthede te skep om die jeug op sosiale, geestelike en maatskaplike vlak te bereik asook ondersteuning en opleiding te bied. Die eerste opvolg en beplanningsvergadering het alreeds hierdie week plaasgevind.
Die organiseerders sê dat die spanwerk met die Juvenisfees merkwaardig was. Instansies en persone wat bedank word, sluit in Laerskool Louis Trichardt, skoolhoofde, Zoe Academy, die Makhado Verkeersdepartement, die Makhado SAPS, RMD Sound, Leani du Preez vir die springkasteel, Limpopo Melkery, Bikers Kingdom, Madi Gra Water, U Print Printing, Signs for All en die gemeentes wat betrokke was ( Agapé Christensentrum, AGS Charisma, Emmanuel, NG Louis Trichardt, NG Soutpansberg, Shammah Bedieninge en die Volle Evangelie Kerk).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
