ADVERTISEMENT:

 

Die hoofleiers van Hoërskool Louis Trichardt plant die eerste van 10 rooi-essen-houtbome wat aan die skool geskenk is deur mnr. Luke Enslin, eienaar van Louis Trichardt Superspar. Voor is Chris van Wyk (links) en Kofi Apea-Adu (hoofseun) besig. Agter, van links na regs, is Francois Mostert, mnr. Enslin, Talita Kloppers (hoofmeisie), Carin Bezuidenhout, Tsakani Baloyi en mnr. Theo Muller (adjunkhoof).

Tien bome in die plek van een wat val

 

News  Date: 02 November 2012

 

Tien bome is hierdie week geplant om vir die afkap van een ou reus te vergoed.

Louis Trichardt Superspar het in September ‘n groot Oos-Afrikaanse mahonieboom van so tussen 30 en 40 meter hoog op hul parkeerterrein verwyder, nadat die wortels die plaveisel begin oplig het. Lede van die publiek was ontsteld dat dit noodsaaklik was dat dié pragtige boom afgekap word. Die eienaar van die Superspar, mnr. Luke Enslin, het toestemming by die grondeienaar, mnr. Eddie Da Silva, verkry om die boom af te kap.

Enslin het ook die Departement van Omgewingsake in die saak geken as ‘n gebaar van welwillendheid. Omgewingsake se mnr. Alan McMurtrie se voorstel aan hom was dat hy 10 bome aanplant vir die een wat afgekap moes word. Enslin het McMurtrie gevra om ‘n keuse te maak waar die tien bome aangeplant moet word, maar McMurtrie het die keuse aan Enslin oorgelaat.

"Ek het op die hoërskool besluit, omdat ek gedink het die bome sal goeie waarde toevoeg vir die skool en die kinders. Dit sal ook die omgewing op die skoolterrein verfraai,” het Enslin gesê.

Die rooi-essenhout is ‘n pragtige immergroen boom, bekend vir sy digte skadu. Dié boom word sowat 20 meter hoog. Hy groei ook vinnig, sowat een tot twee meter per jaar.

Die groot dag vir die aanplanting het op 29 Oktober plaasgevind, met die plant van die eerste boom. Vyf van die bome sal op die bult tussen die seunskoshuis en die skool geplant word en vyf aan die oostekant van Leeupark.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines