ADVERTISEMENT:

 

Eddie is Sakekamer se beste sakeman

 

News  Date: 16 August 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Eddie Schlesinger, besturende direkteur van Werda Motors, is Saterdagaand tydens 'n glansfunksie op Lugmagbasis Louis Trichardt aangewys as die Soutpansberg Sakekamer se Sakepersoonlikheid van die Jaar.

Tydens die gala-aand is die trofeë oorhandig aan die verskillende wenners van die Sakekamer-toekennings, asook aan die wenners in die entrepreneurskompetisie.

Die trofee vir Opkomende Besigheid van die Jaar het gegaan aan LCV Enterprises, terwyl Limpopo Melkery die diensverskaffer van die Jaar-toekenning ontvang het. Die Werknemer van die Jaar-toekenning het gegaan aan Sonje Thornhill van NTK.

Die Voorsitterstoekenning het vanjaar gegaan aan 'n atleet uit die Soutpansberg wat 'n goue medalje op die Statebondspele verower het, Mbulaheni Mulaudzi.

Die wenners van die Soutpansberg Entrepreneurskompetisie het ook saterdagaand hul pryse ontvang. Marisa Naudé het die afdeling vir entrepreneurs tussen die ouderdom 19 en 23 jaar gewen. In die hoërskole-afdeling was dit Anri Jacobs wie se plan die beoordelaars die meeste beïndruk het en in die laerskole-afdeling het die jong Rudolph Boshoff gewen.

Die SA Brouerye-toekenning vir die Mees Uitvoerbare Besigheidsplan het gegaan aan Anri Jacobs.

Die trofee en R10 000 prys vir die skool wat die meeste kwaliteit inskrywings ingestuur het, is weer gewen deur Kwevha Commercial School van Shayandima.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines