

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 August 2002
LOUIS TRICHARDT – 'n Ernstige pypbreuk naby een van die dorp se grootste water reservoirs het inwoners sedert Dinsdag laat bontstaan vir vars water.
As gevolg van die breuk en die herstelwerk, was 'n groot deel van die dorp se drinkwater modderkleurig, en talle inwoners het tevergeefs probeer om die "vuilwater" te laat uitloop uit die krane. Die water het egter onhelder gebly.
'n Woordvoerder van die Ingenieursafdeling by die muinisipaliteit het inwoners gerusgestel dat die water heeltemal higiënies is al lyk dit vuil.
Gebruikers in die dorp is verseker dat die water deur die loop van Woensdag sou ophelder.

ADVERTISEMENT:
