ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Lekke op pyplyn rede vir waterverliese

 

News  Date: 12 November 2012

 

Kosbare water gaan verlore weens lekke op die pypleiding na Makhado (Louis Trichardt).

Die pypleiding vanaf die Albasinidam is een van die groot probleme wat aangespreek word deur die hofbevel van die Noord-Gauteng Hooggeregshof in Pretoria, wat AfriForum teen die plaaslike en  distriksmunisipaliteit verkry het.

Die pypleiding moet ontbos word, sodat munisipale beamptes die roete van die pypleiding daagliks kan stap om waterlekke onmiddellik raak te sien en aandag daaraan te gee.

Die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM) is die wateroutoriteit en die eerste respondent genoem in die hofbevel. Vhembe het ‘n plan voorgelê, wat insluit dat ‘n stootskraper teen 6 November aangevra moet wees. Die stootskraper se aflewering en die terreinoorhandiging moet in die 10 werksdae vanaf 12 tot 23 November geskied.

Die pypleiding word ontbos en toeganklik gemaak “in die 20 werksdae vanaf 26 November tot 21 Desember, afhangende van die geografiese omstandighede  en die weer”, lui die plan. Daarna word die pypleiding gemonitor as ‘n voortgaande proses. Die uitkoms van dié  proses word aangegee as “toeganklikheid en effektiewe watervoorsiening aan die dorp”.

Die voorsitter van die plaaslike AfriForumtak, mnr. Wally Schultz, het gesê dat die plan in gebreke bly om realistiese detail te gee. Nogtans was hy bemoedig deur die vlak van samewerking wat hy ondervind het vanaf die VDM se topbestuur tot by die werkspanne.

“Vhembe se goeie kommunikasie oor die probleme wat hulle ondervind, kom as ‘n welkome verrassing,” het Schultz verlede week gesê.

Vir inwoners wat verlede naweek baie gesukkel het met watervoorsiening en gewonder het waarom, het die Vhembe Distriksmunisipaliteit die rede verskaf. Blykbaar was daar ‘n lek tussen twee pompstasies op die Albasini-pyplyn. Die fout het die dorp sowel as Tshikota beïnvloed.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines