ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Rossouw se saak word weer uitgestel

 

News  Date: 16 November 2012

 

‘n Jong vrou van Makhado (Louis Trichardt) wat van bedrog aangekla word, het weer in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn.

Die 30-jarige Jolene Rossouw Terburgh het op Donderdag, 8 November, verskyn op ‘n klag van bedrog. Dié klag hou verband met ‘n bedrag wat Rossouw na bewering van die plaaslike Hyundai-motorhandelaar gesteel het toe sy daar werksaam was in 2009.

Rossouw het na bewering geld, wat veronderstel was om oorbetaal te word aan werknemers se voorsieningsfonds, in haar eie sak gedruk. Onraad is vermoed toe 'n werknemer begin kla het dat daar fout is met sy fonds.

Rossouw se saak is uitgestel tot 16 November.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines