

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 November 2012
‘n Franse egpaar van die Soutpansberg-area, wat glo met verskeie onwettige vuurwapens betrap is, het verlede week in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn.
Luc Hercark (58) en sy vrou Noathalie (43) is op Woensdag, 7 November, gearresteer op ‘n klag van die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Volgens inligting het die Hercark-egpaar onlangs na Suid-Afrika geïmmigreer en hulle gevestig op ‘n plaas in die Mopanie-omgewing.
Die Makhado polisie het op ‘n wenk gereageer dat die egpaar in besit is van ongelisensieerde wapens. Volgens die polisie se plaaslike woordvoerder, kapt. Maano Sadike, het die polisie nie net op die wapens beslag gelê nie, maar ook op twee renosterhorings. Forensiese toetse het later egter bewys dat dié trofees net namaaksels was.
Die egpaar is elkeen op R5 500 borg vrygelaat en sal weer op 29 November in die hof verskyn.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
