

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 November 2012
Alle kriminele klagte is laat vaar teen plaaslike rokontwerper Nicky Viljoen van Chillypea Bridal Couture.
Die 35-jarige Viljoen is daarvan beskuldig dat hy verskeie mense mislei het deur kontantdeposito’s te aanvaar vir die maak van rokke, maar dan nooit met die rokke vorendag te kom nie. Hy is in September in hegtenis geneem, nadat die Kruger-gesin van Makhado (Louis Trichardt) ‘n klag van diefstal onder valse voorwendsels teen hom gelê het, omdat hy glo versuim het om die deposito terug te betaal vir hul dogter se matriekafskeidrok.
Dié klag is tydens sy hofverskyning in die Louis Trichardt Distrikshof verlede Donderdag teruggetrek. Die klag is teruggetrek nadat ander klaers wat vroeër aangedui het dat hulle ook kriminele klagte teen Viljoen wil bring, versuim het om verklarings by die polisie in te dien.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
