ADVERTISEMENT:

 

Wyle oom Bokkie Walkenshaw (67).

Oom Bokkie se stem word stil

 

News  Date: 16 November 2012

 

Een van die Soutpansberg se bekende inwoners, oom Bokkie Walkenshaw, soos hy alom bekend was, is verlede Donderdag (8ste) in die ouderdom van 67 oorlede.

“Vir ons as gesin is dit erg ... maar mens moet die mooi dinge in die lewe onthou,” het die familie Maandag gesê. Oom Bokkie is dood nadat hy sy eie lewe geneem het.

Tannie Sarie, oom Bokkie se vrou, onthou met ‘n glimlag al die goeie tye – ‘n tydperk van bykans 50 jaar saam. “Hy het sy eie sin vir humor gehad ... hy was dierbaar en ek mis hom klaar,” het Sarie gesê.

Meeste inwoners sal oom Bokkie onthou vir sy jarelange verbintenis met die munisipale verkeersafdeling in Makhado (Louis Trichardt). Tot en met sy aftrede in 1999 het oom Bokkie vir 29 jaar met trots sy verkeersuniform gedra. Ná aftrede het hy egter nie gaan stilsit nie. Hy en sy familie het ‘n string DVD-winkels in die provinsie geopen en as familiebesigheid bedryf.

“Dit is ongelooflik om te besef hoeveel mense my pa geken het. Van Musina tot Vivo, van orals, het mense ons gebel,” het sy seun Neville gesê. Die Walkenshaw-egpaar was ook bekende gesigte in die Kruger Nasionale Wildtuin, waar hulle gereeld besoek afgelê het.

Die familie het waardering uitgespreek teenoor almal wat hulle geskakel het om hul medelye uit te spreek. Daar gaan egter nie ‘n openbare begrafnis wees nie. “Ons verstaan mense gee om en wil hul medelye wys, maar ons het besluit om ‘n privaat begrafnisdiens net vir familie te hou. Ons hoop regtig die gemeenskap sal verstaan,” het Neville gesê.

Wyle oom Bokkie word oorleef deur sy vrou, tannie Sarie, twee seuns, Cyril en Neville, en twee kleinkinders. Die familie het hul waardering uitgespreek vir al die boodskappe van vertroosting, met spesiale dank aan ds. Phillip Horn en ds. Philip Venter, asook drs. Gaigher en Badenhorst.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines