

ADVERTISEMENT:

News Date: 19 November 2012
Die nuus van die skielike dood van die 28-jarige mnr. Adriaan Rossouw van Makhado (Louis Trichardt) laas naweek het as groot skok gekom vir sy familie en vriende.
Mnr. Ronald de Villiers, ‘n boesemvriend van Rossouw, het Dinsdag vertel van die verlies van sy vriend. Rossouw het Sondag sy eie lewe geneem.
“Hy was ‘n gesellige mens, ‘n goeie entrepreneur en wyd betrokke by sy gemeenskap,” het De Villiers gesê.
Adriaan Louis Rossouw is op 23 April 1984 gebore, het op die dorp grootgeword en ook sy skoolloopbaan hier voltooi. Ná skool het hy vir 'n paar jaar uit die Soutpansberg verhuis. Hy het egter onlangs hom weer hier kom vestig en saam met Pa Herman die snoepie by Laerskool Soutpansberg bestuur. Hy het ook ‘n eie onderneming bedryf en skaaklesse aangebied.
“My seun het ook klas geloop by Adriaan en het ‘n beker gewen by die skool as die beste skaakspeler in sy ouderdomsgroep," vertel De Villiers.
Rossouw word oorleef deur sy ouers, Herman en Martie, sy ouer broer Herman en suster Wilna. Hy sal Vrydag, 16 Oktober, om 14:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk hier begrawe word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
