ADVERTISEMENT:

 

generiese foto

Kindermolesteerder meen hy is onskuldig

 

News  Date: 03 December 2012

 

Die man wat sy stiefdogter seksueel misbruik het en die misdrywe op sy selfoonkamera afgeneem het, meen steeds hy is onskuldig.

Die man, wat intussen 36 geword het, het alreeds 17 maande van sy 85-jaar-lange tronkstraf begin uitdien. Hy het op 8 Februarie vanjaar ‘n petisie by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om toestemming te kry om te appelleer teen beide sy skuldigbevinding én vonnis.

Die Hooggeregshof het op 26 September sy petisie toegestaan en die man sou Maandag ‘n borgaansoek in die Louis Trichardt Streekshof bring, hangende sy appèlaansoek. Omdat die meisie steeds minderjarig is, mag die man se identiteit nie gepubliseer word weens die seksuele aard van die misdrywe.

Die man is in Junie verlede jaar hier tot drie lewenslange termyne gevonnis. Hy het tereggestaan op drie klagte van verkragting, een van seksuele aanranding, een van die vervaardiging van kinderpornografie, een klag van die vertoon van kinderpornografie aan ‘n minderjarige en ‘n klag van die seksuele voorbereiding van ‘n minderjarige. Dié klagte is na sy arrestasie in 2009 teen hom gebring, nadat die ma van die meisie – wat toe 11 jaar oud was – eksplisiete en naakfoto’s van haar dogter op die gesin se rekenaar ontdek het.

Tydens hofverrigtinge het die meisie getuig dat haar stiefpa haar by meer as 10 geleenthede onsedelik betas het en pornografie aan haar gewys het. Die man het seksfoto’s geneem van sy eie en die meisie se geslagsdele. By een geleentheid het hy ook ‘n pornografiese tuisvideo van homself en die dogtertjie se ma aan haar gewys. 

In sy petisie-aansoek het die man aangevoer dat die Staat sy grondwetlike regte geskend het. Hy voer aan dat die Staat bewyse en getuienis, dat hy nie die gesiglose man op die foto’s is nie, geïgnoreer het. Die man het verwys na sy sluitingsargument in sy verhoor toe hy op ‘n in loco inspeksie aangedring het om te bewys dat dit nie sy geslagsdeel op die seksfoto’s is nie. Hy meen die opinie van ‘n mediese deskundige moes ingeroep geword het.

Verder het die man ook aangevoer dat die Staat nie bo redelike twyfel verkragting op die foto’s bewys het nie. Volgens hom kan die dade op die foto’s eerder as seksuele aanranding beskryf word.

Intussen bly die man in aanhouding. Sy saak is uitgestel tot 3 Desember, waarna sy borgaansoek na verwagting afgehandel sal word.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines