

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 December 2012
Inwoners van Musina wat vroeg laas Maandagoggend van die poskantoor hier se dienste wou gebruik maak, het hulle voor toe deure bevind.
By verdere navraag het dit aan die lig gekom dat die poskantoor oor die naweek van 24 en 25 November die slagoffer van ‘n inbraak was. Die inbraak is Maandagoggend eers ontdek en die kantoor is gesluit om die polisie toe te laat om hul ondersoek af te handel en vingerafdrukke te neem. Die kantoor het eers ná 10:00 weer oopgemaak.
“Geen items word uit die kantoor vermis nie en daar is met geen pakkies of briewe gepeuter nie,” het mnr. Johan Kruger van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se kommunikasie-afdeling Dinsdag gesê.
Volgens Kruger het die inbreker(s) deur die agterkant van die gebou toegang tot die kantoor verkry.
“Geen blywende skade is aan die gebou aangerig nie. Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sal stappe neem om dit moeiliker te maak om onwettig toegang tot die perseel te kry,” het Kruger gesê.
Enigiemand met inligting oor wie verantwoordelik was vir die inbraak is versoek om die poskantoor se misdaadlyn te skakel by tel. 0800 070 020. Alternatiewelik kan inligting wat sal help om die misdadigers vas te trek, deurgegee word aan die polisie.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
