

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 December 2012
Die man wat sy stiefdogter seksueel misbruik het en die misdrywe op sy selfoonkamera afgeneem het, se borgaansoek is nie hierdie week afgehandel nie.
Die man, wat reeds 17 maande van sy 85-jaar-lange gevangenisstraf uitgedien het, het in Februarie vanjaar toestemming vanaf die Hooggeregshof gekry om te appelleer teen beide sy skuldigbevinding én vonnis. Hy sou na verwagting Maandag in die Louis Trichardt Streekhof ’n borgaansoek bring, hangende sy appèlaansoek. Sy saak is uitgestel om die hof kans te gee om deur sy aansoek te werk.
In kort beweer die man dat die Staat nie bo redelike twyfel verkragting op die foto’s bewys het nie. Volgens hom kan die dade op die foto’s eerder as seksuele aanranding beskryf word.
Intussen bly die man in aanhouding. Sy saak is uitgestel tot 10 Desember, waarna sy borgaansoek na verwagting afgehandel sal word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
