

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 August 2002
AVENTURA TSHIPISE – Die Soutpansberg Disktrik Landbou-unie kan voorwaar trots wees op hul eerste Lentefees die afgelope naweek. Die fees het alle verwagtinge oorskry en volgens die organiseeders gaan hulle dit 'n jaarlikse instelling maak.
Die echo-rit wat aangebied is deur Paul otto in die wildryke Tshipise-omgewing is gewen deur Stefan Hattingh van levubu met Gerhard Pretorius in die tweede plek. Stefan wen dan ook die koedoejag met komplimente van Aventura Tshipise.
Altesaam 44 skuts het deelgeneem aan die skietkompetisie wat gereël is deur Jacques Bouwer en sy span van Louis Trichardt. Die kompetisie is gewen deur kol. Boela Nieman, die TLU se nasionale koördineerde van veiligheid.
Wat die gymkana/pretrit betref, het Christo Kriel weggestap met die eerste prys, terwyl N. Faber tweede was. Christa Otto van die damesspan het op haar beurt die troosprys ontvang.
Die "lekkerste" kompetisie" van die fees was sekerlik die potjiekoskompetisie op Saterdag (3de). Deon Boshoff en Johan Muller palm 'n eerste plek in met 'n gemsbok en varkskenkelpot, terwyl Chris Groenewald tweede was met sy aartappel- en beesstertpotte. Estelle Muller, Lena Engelbrecht en Koos en Pieter Meintjies was derde met hul skaapskenkelpot. Deon en Johan het as eerste prys 'n naweek in die gastehuis op Tshipise gewen.
Nog 'n hoogtepunt Saterdagmiddag was die raak-rugby wedstryde. Spanne van alle oorde kon inskryf, maar na 'n paar uitputtende rondtes was dit die spanne van Messina Toyota en Verre Noord Verkoeling wat deurgedring het na die finaal. Messina het egter die botoon gevoer, met Verre Noord Verkoeling tweede en Mopane derde. Elke spanlid van Messina Toyota het 'n naweek vir twee persone op Tshipise gewen.
Saterdag se verrigtinge is afgesluit met 'n gesellige dans, maar nie alvorens die eerste Mej. Lentenooi gekroon is nie. Die eer het gegaan aan Esmari Vos vanaf Musina, met Juanita van der Berg as haar eerste prinses en Lisa Bester haar tweede prinses. Die organiseerders van die kompetisie het hul dank uitgespreek teenoor hul borge, insluitend Ina en Jan van Aventura Tshipise, Melani van Chamelon Bloemiste en Saggrys van Ulimate Guest House. Hulle het ook die twee sterkmanne, Joe en Frans van Body & Health Gym bedank wat die meisies fisies ondersteun het.
Buiten vir die aktiwiteite en kompetisies was daar ook heelwat stalletjies. Die prys vir die beste uitstaller word ingepalm deur Bekker Bore, terwyl Verre Noord Verkoeling 'n tweede plek inpalm. Don's Chainsaw Centre was derde. Al die besighede is van Louis Trichardt. Die groot uistallers soos Tzaneen Swaarvoertuie, Messina Toyota, Bridge Auto en Mount Fuji Motors het ook baie belangstelling ontlok.
Die verrigtinge is Sondag (4de) afgesluit met 'n pretstap met talle pryse, gevolg deur 'n kerkdiens deur ds. A. Rothman vanaf Bloemfontein.

ADVERTISEMENT:
