

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 December 2012
Duur parkering in Makhado (Louis Trichardt) se middedorp is nou, alhoewel effens agter skedule, 'n realiteit.
Die nuwe betaalde parkeertariefstelsel van die Makhado Munisipaliteit, wat veronderstel was om vanaf 1 Desember in werking te tree, het eers hierdie week ‘n realiteit geword.
Ingevolge die nuwe stelsel moet motoriste vooraf hul parkeergeld aan beamptes betaal wat die sypaadjies in die middedorp sal patrolleer met ‘n elektroniese handtoestel.
Groot plakkate wat oral in die middedorp dié stelsel en sy tariewe adverteer het tot groot verwarring gelei, veral omdat motoriste wat nie betaal nie tussen R50 en R750 beboet kan word in terme van die munisipale verkeerswet.
Die privaatmaatskappy Rirothe Trading & Investments, wat 'n drie-jaar-lange kontrak met die munisipaliteit het vir dié stelsel, het verlede Vrydag verduidelik wat die vertraging veroorsaak het. Volgens die eienaar van die maatskappy, mnr. Masudu Ligunuba, het hulle rekenaarstelsel 'n tegniese fout opgedoen en kon die beamptes nie op 1 Desember begin werk nie.
Die nuwe stelsel is amptelik vanaf Woensdag in gebruik geneem en inwoners is versoek om op die uitkyk te wees vir die beamptes in hul heldergeel reflektorbaadjies.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
