ADVERTISEMENT:

 

Die wrak van Annique Wilson se Ford Fiesta. Sy sou aan die einde van Desember haar eerste paaiement betaal het. Foto verskaf.

Vrou gelukkig om te leef ná motorongeluk

 

News  Date: 21 December 2012

 

'n Jong vrou van Makhado (Louis Trichardt) het Vrydag ter nouernood aan die dood ontkom, nadat sy in ‘n motorongeluk op die Levubupad betrokke was.

Die 23-jarige Annique Wilson is gelukkig om te leef, nadat ‘n aankomende voertuig tromp-op met haar gebots het. Die ongeluk het sowat 4km voor die afdraai na Royal Macadamia plaasgevind waar Wilson werksaam is. In die proses is haar nuwe motortjie, wat sy pas gekoop het en nog nie eers haar eerste paaiement op betaal het nie, onherstelbaar beskadig.

“Ek dink dit was 'n fratsongeluk gewees,” het Annique Dinsdag gesê.

Volgens haar het daar 'n voertuig in die pad stilgestaan en 'n aankomende bakkie, wat vir die stilstaande voertuig uitgeswaai het, het tromp-op met haar gebots. Omstanders wat haar te hulp gesnel het, moes haar deur oop buig om haar uit die wrak te bevry.

Annique se lyf is oortrek van die bloukolle soos die lugkussings en veiligheidsgordel haar beseer het tydens die impak. Sy het ook 'n beentjie in haar regtervoet gebreek.

“Ek het eers lam gevoel en toe het die pyn my getref,” het Annique gesê.

Dokters is intussen bietjie bekommerd oor die aard van haar nek- en rugbeserings en hou dit fyn dop. Teen druktyd was die uitslae van die X-strale nog nie beskikbaar nie.

Gelukkig het Annique versekering vir haar motor gehad, maar die papierwerk rondom dit sal eers in die nuwe jaar afgehandel kan word.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines