ADVERTISEMENT:

 

Nog kaartjies beskikbaar vir gala-aand

 

News  Date: 02 August 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Kaartjies is vinnig aan die uitverkoop vir die gala-aand van die Soutpansberg Sakekamer. Tydens dié funksie, wat op 10 Augustus plaasvind, sal die wenners van die Entrepreneurskompetisie ook aangewys word.

Die gaskunstenaars vir die aand is die bekende sangers, Danie Niehaus en René Mynhardt. Die Sakekamer het besluit om die funksie vanjaar in samewerking met die Lugmagbasis aan te bied en die drag is formeel. Dit word in 'n vliegtuigloods op die basis gehou wat spesiaal versier word om die sowat 500 gaste in elegante styl te akkommodeer.

Die hoogtepunt van die aand is die aanwysing van die Sakekamer se Besigheidspersoonlikheid van die Jaar. Ander trofee wat toegeken word, gaan aan die Opkomende Besigheidspersoon van die Jaar, Diensverskaffer van die Jaar en Werknemer van die Jaar.

Die name van die wenners in die verskillende afdelings van die Soutpansberg Entrepreneurskompetisie sal ook tydens die gala-aand aangekondig word. Die wenners in elk van die drie afdelings wen kontantpryse sowel as trofeë. 'n Spesiale prys word toegeken aan die skool wat die meeste kwaliteit inskrywings ingestuur het.

Kaartjies kos R130 per persoon en is beskikbaar by enige van die bestuurslede van die Sakekamer. Meer inligting is beskikbaar vanaf die sekretaresse by (015) 516 0522 of 082-971 8811.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines