

ADVERTISEMENT:

News Date: 18 January 2013
Hoërskool Eric Louw in Musina is weereens as een van die top 30 skole in die Limpopo Provinsie aangewys.
Tydens die bekendmaking van die November 2012 provinsiale uitslae by The Ranch Hotel buite Polokwane, het Eric Louw ‘n trofee en sertifikaat ter erkenning van die uitstaande prestasie behaal.
Hierdie toekenning is verwerf op grond van die skool se slaagsyfer van 96.9 %, met slegs twee druipelinge uit die groep van 64.
Volgens die hoof, mev. Cobie Mostert, het die matrieks en personeel baie hard gewerk en is hulle baie dankbaar vir die leerlinge se prestasies.
“Ons is baie bly om voort te bou op ‘n trotse tradisie, aangesien die skool die afgelope paar jaar telkens deel is van die groep topskole in die Limpopo Provinsie,” het Mostert gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
