

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 January 2013
Terwyl reën in strome neergedaal het, het die munisipale watervoorsiening in Makhado (Louis Trichardt) tot ‘n totale stilstand gekom.
Die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM) se woordvoerder, mnr. Matodzi Ralushai, het verlede week gesê dat infrastruktuur en toerusting oral oorvloei is met water en dat die munisipaliteit met herstelwerk besig is. Hy het gemeenskappe gewaarsku dat hulle, as gevolg van die swaar reën, "uitdagings" ten opsigte van elektrisiteit, sanitasie, behuising en paaie gaan beleef.
“Verwag dat die situasie sal verbeter sodra die weerstoestande verander,” het hy gesê.
Hierdie week het Ralushai gesê die watertekorte in die dorp is “veroorsaak deur lae-stroom elektrisiteit by die Albasinidam. Om dit aan te spreek, is pompstasie een en twee afgeskakel.”
Me. Annemarie Kuhne hou daagliks boek van die munisipale watervoorsiening. “Die afgelope vyf dae was daar nie ‘n druppel water nie,” het Kuhne Dinsdag gesê. Intussen lyk dit of inwoners maar net sal moet wag totdat die watervoorsiening weer herstel is.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
