

ADVERTISEMENT:

News Date: 28 January 2013
Te midde van die verwoesting en lewensverlies wat deur die afgelope week se vloedwaters in die Soutpansberg-gebied veroorsaak is, was daar ook rede vir blydskap.
Volgens amptelik syfers van die Departement van Waterwese het meeste damme in die Limpopo Provinsie se vlakke Maandag (21ste) die 100%-kerf begin bereik, terwyl talle reeds begin oorloop het.
Die vlak van die Albasinidam het vanaf 14 Januarie tot 21 Januarie van 31.6% tot 78.7% gestyg, nadat 504mm reën in dié tydperk in die dam se opvangsgebied gemeet is.
Maandag het die vlak van die Nandonidam op 118.5% gestaan nadat 188mm in die dam se opvangsgebied gemeet is. Die Thate Vondodam het ook oorgeloop, met ‘n vlak van 114.6%. Ook die Nzheleledam het oorgeloop, met ‘n vlak van 120.8%.
Goeie nuus vir boere langs die Middel Letabadam was dat dié dam se 0%-vlak Maandag reeds opgeskuif het na 41.8%, met 492mm wat die afgelope week in die opvangsgebied gemeet is. Nie ver daarvandaan nie het die vlak van die Nsamidam (Giyani) opgeskiet van 7.3% na ‘n ongelooflike 159.6%, nadat 479mm in die opvangsgebied uitgesak het.
Tzaneendam het die afgelope week ook begin oorloop, met dié dam se vlak wat Maandag op 105.5% gestaan het. Dit was te danke aan die 513mm wat in die opvangsgebied gemeet is. Glen Alphine het op 103.5% gestaan, die Luphephedam op 106.5%, die Nwanedidam op 106.7% en die Mutshedzidam op 110%.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
