ADVERTISEMENT:

 

Plase in die Weipe- en Pontdrift-omgewing is erg getref deur die onlangse vloede.

Die boere sal weer herstel, sê Le Roux

 

News  Date: 30 January 2013

 

“As jy ‘n boer is, het jy die vermoë om te herstel en jou vermoë om te herstel lê sover soos wat jou knieë van die grond af is.”

So sê mnr. Doors le Roux, voorsitter van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie, na aanleiding van die grootskaalse verwoesting wat deur die afgelope week se vloede op plase in die area veroorsaak is.

“Permanente skade aan gewasse kan so lank as twee maande vat voor mens dit opmerk. Boorde wys eers later watter skade aangerig is. Eienaardig genoeg kan jou skade met te veel water erger wees as met te min water,” het Le Roux Maandag gesê. Hy het gesê dat hulle van regoor die streek berig ontvang van paaie en brûe wat weggespoel het, terwyl menige plase se heiningdrade deur die water platgedruk is.

Te midde van die skade het Le Roux gesê daar is egter ook baie om oor bly te wees.

“Die Albasini behoort baie vol te wees en ons grondwater is opgevul. Dit is iets wat geld nie kan koop nie,” het Le Roux gesê. Hy het gesê hulle bid vir die boere wat groot verliese gelei het.

“Ons glo en vertrou ons liefdevolle Vader sal vir julle ook weer sonskyn bring,” het Le Roux gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines