ADVERTISEMENT:

 

Verkeersman nie skuldig aan manslag

 

News  Date: 26 July 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Bekende plaaslike verkeersman, mnr. Martin Schnetler (44), is verlede week in die plaaslike landdroshof onskuldig bevind op 'n klag van strafbare manslag.

Die saak teen mnr. Schnetler hou verband met 'n voorval in September verlede jaar toe hy 'n man in Unikastraat met sy verkeersvoertuig raakgery het. Die man, mnr. Dilip Naik (45), het ernstige hoofbeserings opgedoen en is kort na die ongeluk oorlede. Mnr. Schnetler is daarna van strafbare manslag aangekla.

Tydens mnr. Schnetler se verskyning in die hof op Woensdag (17de) is bevind dat al die getuienis, in teenstelling met wat die staatsgetuies probeer impliseer het, daarop dui dat mnr. Naik honderd persent nalatig was en dat hy inderdaad die pad oorgesteek het sonder om te kyk. 'n Nadoodse ondersoek het ook getoon dat mnr. Naik op die regterkant van sy liggaam getref is, wat daarop wys dat hy reeds in die proses van omdraai was en begin het om die pad oor te steek. Die hof het verder ook beslis dat mnr. Schnetler all stappe geneem het wat van 'n redelike mens verwag sou word om 'n ongeluk te vermy. Hy is derhalwe onskuldig bevind en ontslaan, nadat die staat sy saak gesluit het.

Mnr. Schnetler het na afloop van die hof se uitspraak gesê dat die voorval soos 'n swaard bokant sy kop gehang het en dat hy bly is dit is verby. Hy het ook weereens sy meegvoel uitgespreek teenoor die familie van mnr. Naik. Dr. Suwil Rudolph het as mnr. Schnetler se regsverteenwoordiger opgetree.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines