

ADVERTISEMENT:

News Date: 01 February 2013
’n Sigbaar emosionele Willem Venter het bitterlik gehuil in die distrikshof in Makhado (Louis Trichardt) toe hy skuldig gepleit het op ‘n klag van strafbare manslag.
Die klag spruit uit ‘n voorval op 2 Oktober 2011 toe die vyfjarige Nicole Louwrens van Venter se bakkie afgeval en gesterf het.
Nicole het dié noodlottige dag saam met haar ma, Leonora Louwrens, suster Sharon, en Venter by Beja Hengelparadys op die oewer van die Albasinidam gebraai. Venter was in daardie stadium Leonora se lewensmaat. Die twee is intussen getroud.
Nadat Venter bietjie gaan swem het, het hy met sy bakkie ‘n grondwal uitgery, onbewus dat Nicole agterop sy bakkie geklouter het. Sy is destyds beskryf as Venter se skaduweetjie. Die bakkie het egter op die grondwal begin gly en omgekantel. Nicole het van die bakkie afgeval en kort daarna weens ernstige kopbeserings beswyk. Die tragedie het die familie platgeslaan.
Venter se verskyning in die hof verlede week volg nadat die Direkteur van Openbare Vervolging beslis het dat hy vervolg moet word. Ná sy skuldigpleit is hy gevonnis tot ‘n boete van R5 000 of 12 maande gevangenisstraf. Die vonnis is in geheel opgeskort vir ‘n periode van vyf jaar, op voorwaarde dat hy hom gedurende hierdie tydperk nie skuldig maak aan ‘n soortgelyke oortreding nie.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
