ADVERTISEMENT:

 

Die pragtige Juline du Preez van Louis Trichardt is ‘n streeksfinalis in die Mev. Suid-Afrika 2005 kompetisie. Juline verskyn saam met haar jongste dogtertjie, Olivia.

Juline streeksfinalis in Mev. SA Kompetisie

 

News  Date: 10 December 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die elegante en sprankelende Juline du Preez is gekies as streeksfinalis in die Mev. Suid-Afrika 2005 kompetisie.

Juline, ‘n bekende skoonheidsterapeut en entrepreneur, is een van 50 streeksfinaliste landswyd wat gaan deelneem aan ‘n uithanggeleentheid op 4 Maart volgende jaar in Gauteng. Twaalf finaliste sal aangewys word waaruit twee prinsesse en mev. Suid-Afrika gekies sal word. Mev. Suid-Afrika sal die land verteenwoordig in die Mev. Wêreld- en Mev. Internasionaal-kompetisies. As streeksfinalis sal ‘n foto van Juline ook in die Mev. Suid-Afrika tydskrif gepubliseer word.

Juline was eers uit die veld geslaan toe sy verneem dat mev. Tokkie Holzapfel van Johannesburg haar gaan nomineer vir die Mev. Suid-Afrika kompetisie.

“Daarna het ek goed gevoel oor die feit dat hulle my vertrou het om my as entrepreneur te nomineer,” sê Juline, wat buiten haar skoonheidsalon ook ‘n besigheid in kindervermaak bedryf.

Volgens die organiseerder, Susca Watts, word daar in die beoordeling onder andere gelet op die finalis se styl, grasie en elegansie, algemene fiksheid en haar waagmoed om haar droom uit te leef. Haar siening van die gesin en die instelling van die huwelik is ook belangrik. Sy moet omgee vir mense en sal as fondsinsamelaar vir instansies optree.

Juline sê dat sy nog altyd in mense geïnteresseerd was en goed oor die weg kom met ‘n wye spektrum van mense.

“Ek is baie opgewonde oor die uitdaging,” sê Juline met haar kenmerkende glimlag. Sy wil soveel as moontlik betrokke wees by opheffingswerk. Streeksfinaliste moet heelwat fondswerwingsgeleenthede reël en moet ‘n wins toon van ten minste R10 000. Die organiseerders sal 20% daarvan aan welsynsorganisasies van die finalis se keuse oorbetaal.

Die slanke Juline (35) is ‘n buitemens wat gaande is oor netbal, perdry, bergklim en stap. Sy het verskeie skoonheidskompetisies en –titels agter haar naam.

Juline voel dat sy baie bevoorreg is om soveel geleenthede te kon ontgin. Sy geniet die ondersteuning van haar man, Dries du Preez. Hulle het twee dogtertjies, Dorothy-Ann (4) en Olivia (3).

“Ek glo jy moet altyd jouself wees en in jou talente en vermoëns vertrou. Moet nooit moed verloor nie,” is Juline se leuse.

Die feit dat die pragtige Juline ook ‘n ordelike, gedissplineerde en professionele sakevrou is, sal beslis tot haar voordeel strek. In die kompetisie word 50% van die punte gebaseer op die beoordeling tydens die drie dae wat die gala-aand voorafgaan, 20% op haar betrokkenheid om die Mev. Suid Afrika kompetisie te promoveer, 10% op stiptelikheid in alle aktiwiteite en sperdatums, 10% op die inisiatiewe wat georganiseer is en 10% op ‘n inbelstembus waar die gemeenskap vir haar kan stem.

Juline moet ‘n minimum van 1 000 SMS-stemme hê. Alle stemme bo dié aantal tel vir haar punte in die kroningskriteria.

Om vir Juline te stem kan die gemeenskap soveel as moontlik SMS’e instuur teen R5 per SMS. ‘n SMS met haar naam, Juline du Preez, kan aan 36102 gestuur word.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines