ADVERTISEMENT:

 

By tye was die rookwolke Maandag so dig by die munisipale stortingsterrein buite Makhado (Louis Trichardt) dat mens nie eens die sekuriteitskantoortjie kon sien van die ingang af nie.

Digte rookwolke laat talle na asems snak

 

News  Date: 04 February 2013

 

Die haglike toestande van die munisipale stortingsterrein buite Makhado (Louis Trichardt) het dié week nog ‘n bietjie erger geword.

‘n Verstikkende rookwolk het vir die grootste gedeelte van Maandag oor die dorp gehang, nadat die stortingsterrein aan die brand gesteek is. Talle inwoners het al sedert die begin van die jaar by die Zoutpansberger kom aanklop met klagtes oor dié terrein wat oorloop.

Die terrein is so vol dat talle nie kans sien om in te ry nie en begin het om hul vullis sommer langs die toegangspaaie te stort. Talle meen dat die terrein doelbewus aan die brand gesteek is in ‘n poging om van die vullis ontslae te raak.

Met die koerant se aankoms Maandag by die stortingsterrein het ‘n groot hoop vullis naby die ingangspad nog gebrand. Die rook was by tye so dig dat mens nie die sekuriteitshuisie kon sien nie. Kort hierná het ‘n tru-grawer opgedaag.

Die oorsaak van die brand bly egter ‘n raaisel. Die Makhado Munisipaliteit is genader vir kommentaar, maar teen saktyd was ‘n antwoord van hulle nog uitstaande. In Julie verlede jaar het ‘n soortgelyke brand by die stortingsterrein ook inwoners na hul asems laat snak. Ook toe kon die oorsaak van die brand nie deur die Makhado Munisipaliteit bevestig word nie.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines