

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 February 2013
Die 25-jarige Tinus Oosthuyse van Makhado (Louis Trichardt) het Maandag hier in die distrikshof verskyn op klagte van aanranding, intimidasie en verset teen arrestasie.
Die klagte teen Oosthuyse spruit uit ‘n voorval verlede jaar, nadat hy glo vir Christian Hendrick Nel (30) met ‘n ysterpyp aangerand het. Die voorval het op 19 November plaasgevind.
Volgens inligting verskaf het ‘n konfrontasie tussen Oosthuyse en Nel ontstaan oor geld. Na bewering het Oosthuyse se geduld opgeraak toe Nel nie sy skuld aan hom betaal het nie. Oosthuyse het toe ‘n ultimatum aan Nel gestel oor die geld en hom na bewering aangerand met die pyp. Kort na dié voorval is Oosthuyse aangekla van verset teen arrestasie toe hy na bewering geweier het om saam met die polisie aanklagkantoor toe te gaan.
Oosthuyse se saak is uitgestel tot 18 Februarie vir verdere verhoor.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
