ADVERTISEMENT:

 

Hanglip 54 oortref alle vorige rekords

 

News  Date: 19 July 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Die negende jaarlikse Hanglip 54-toernooi het vanjaar alle verwagtinge oortref, met beide 'n rekord getal inskrywings en 'n nuwe rekord ten opsigte van die wentelling.

Aanvanklik sou slegs 108 spelers daagliks aan die toernooi, wat vanaf 11 tot 13 Julie beslis is, deelneem. 'n Rekordgetal van 112 spelers het egter vir die eerste dag se spel opgedaag, waarna 116 spelers onderskeidelik op die tweede en derde dag meegeding het.

Met geen verdedigende kampioen nie, het plaaslike gunsteling Franna Knoetze reeds in 'n vroeë stadium die voortou geneem met 'n telling van 38 individuele Stableford-punte op die eerste dag van die toernooi. 'n Kort-kop agter hom, in 'n gesamentlike tweede plek, was Willie Nel en JJ Joubert. Franna het op dag twee sy voorsprong gehandhaaf met 'n telling van 37 punte en dit was duidelik dat hy moeilik geklop sou word. In hierdie stadium was H. Pottas (besoeker) tweede en André Bothma derde. Franna het sy vertoning afgesluit met 'n derde-dag telling van 43 punte om sodoende die gesogte Hanglip 54-trofee bokant sy kop te lig met 'n gesamentlike telling van 118 individuele Stableford-punte – 'n nuwe rekordtelling vir die toernooi. Riaan Greyling was tweede met 111 punte, met André Bothma in die derde plek met 102 punte.

Buiten vir die individuele Stableford-kompetisie om die algehele wenner te bepaal, is daar ook daagliks 'n beterbal Stableford-kompetisie aangebied. Die eerste dag se spel, geborg deur die Makhado Munisipaliteit, is gewen deur Anthony Krügel en Rob Milton met 'n telling van 43 punte. Tobias Fourie en R. Ueckermann was tweede met 42 punte, met H. Pottas en R. Robberts in die derde plek ook met 42 punte.

Die tweede dag se spel, geborg deur SA Brouery, is gewen deur die pa-en-seun kombinasie van Daan en Willie Nel met 'n telling van 44 punte. Johann du Plessis en Kobus Barkhuizen was tweede met 43 punte, terwyl Freddy Wells en Roelf Kruger derde eindig met 42 punte.

Op dag drie, met die Brink Schlesinger Groep as borg, was dit Franna Knoetze en Hannie Jacobs wat as wenners uit die stryd getree het met 'n telling van 46 punte. Riaan Greyling en Gerard Rossouw was tweede met 45 punte met F. van der Merwe en P. Yzelle in die derde plek met 44 punte.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines