

ADVERTISEMENT:

News Date: 08 February 2013
Voortgesette hulpverlening aan boere en hul werkers in die vloedgeteisterde Weipe-omgewing word op Musina deur die plaaslike CMR gekoördineer.
Noodvoorrade word op Musina versamel en met die hulp van vrywilligers binne die bereik gebring van mense wat ontwrig en afgesonder is deur die vloedskade. Paaie en ander infrastruktuur is verspoel en landerye, pakhuise en wonings was onder water nadat die vloedige Limpopo-rivier naasliggende plase oorstroom het. Kosvoorrade en skoon water het oral in die slag gebly.
Die maatskaplike werker van die CMR op Musina, me. Sofia Brits, sê die plaaslike gemeenskap en ook weldoeners in ander dorpe en stede reageer met prysenswaardige welwillendheid op die nood. Skenkings van noodsaaklike voorrade en kontant word van weldoeners selfs so ver as Pretoria ontvang, wat in sommige gevalle self op Musina met toepaslike voorrade opdaag.
Aangesien die CMR op Musina bloot uit twee mense (me. Brits en die ontvangsdame, me. Gonda Visser) bestaan, is die hulp van vrywilligers nodig om te help met die oplaai, vervoer en aflaai van die voorrade.
Skenkers het onmiddellik gereageer op oproepe vir dringende voorrade van varswater, komberse, kos, kombuistoerusting, eetgerei, handdoeke, was- en toiletbenodighede. Brits sê die CMR is in kontak met al die boere en verleen so ver moontlik die nodige ondersteuning en bystand.
Kontantbydraes word ook ontvang by ABSA bank CMR Messina, rekeningnommer 20 50 140 140, Takkode 334 249, verwysing: Flood Disaster 2013.
Die CMR se kantoornommer op Musina is 015 534 0245.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
