ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Groen lig vir prospekteerwerk

 

News  Date: 22 February 2013

 

Die mynmaatskappy Coal of Africa Limited (CoAL) gaan 168 boorgate sink om eksplorasiewerk by hul Groter Soutpansberg-projek af te handel.

CoAL het in Junie verlede jaar aangekondig dat hulle in die proses was om die bestaande prospekteerregte vir die projek te hersien, nadat hulle die Chapudi projek by Rio Tinto en Kwezi Mining Exploration (Edms.) Bpk oorgekoop het. Wysigings moes gedoen word aan die lisensies om toestemming te kry sodat CoAL steenkool kan uithaal en navorsing kan doen om die omvang en gehalte daarvan te bepaal.

Die voorgestelde Soutpansberg-projek sal in die Vhembe Biosfeer geleë wees en 95km ver strek van oos na wes. Waterbronne wat geraak sal word deur die projek sluit in die droë Sand- en Mutambarivier.

As dié Soutpansbergmyn ‘n realiteit word, sal dit ‘n oopgroefmyn wees.

Studies wat tydens dié eksplorasiefase gedoen sal word, sluit in grond, grondgebruik en vermoë, biodiversiteit, oppervlak en grondwater studies, asook die impak wat die myn sal hê op die erfenis, kultuur en sosio-ekonomiese toestand van die omgewing.

Nadat die studies voltooi is, sal ‘n konsep-omgewingsbestuursplan ingedien word waarop die publiek die kans sal kry om hulle kommentaar en insette te lewer. Intussen het die publiek nog tyd tot en met 7 Maart 2013 om hulle insette te lewer rakende die waterlisensie van CoAL se beoogde Makhado-myn.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines