ADVERTISEMENT:

 

Talle beseer in ongelukke

 

News  Date: 12 July 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Verskeie mense is Dinsdagoggend beseer nadat die minibus taxi waarin hulle gery het naby die Hendrik Verwoerd-tonnels omgeslaan het.

Die ongeluk het omstreeks 11:30 plaasgevind. Die beseerdes is met privaat voertuie deurgejaag na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal. Vyf insittendes is ernstig beseer, waarvan een per helikopter oorgeplaas is na die privaathospitaal in Polokwane. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

*'n Ongeluk by die verleggings duskant Masekwaspoort het op 3 Julie daartoe gelei dat die N1 vir 'n geruime tyd gesluit moes word. 'n Vragmotor, wat vermoedelik te vinnig om die draai na die Waterpoort-afdraai gekom het, kon nie betyds stop nie en het in die stilstaande verkeer vasgejaag. Een bus, drie vragmotors, twee bakkies en twee sedan-motors is in die ongeluk beskadig. Gelukkig genoeg is niemand ernstig beseer in die ongeluk nie.

Mnr. Nico Theunissen van die plaaslike Brandweer het Woensdag gesê dat nood- en reddingsdienspersoneel tans 'n betreklike stil tydperk beleef. In meeste van die ongelukke sedert die begin van die maand is slegs geringe beserings aangemeld en niemand is tot dusver dood nie.

Mnr. Theunissen het motoriste versoek om kennis te neem van die padverleggings by Masekwaspoort. Slegs enkelbaanverkeer is beskikbaar en 'n tydelike verkeerslig is reeds daar aangebring. Daar is ook 'n minimum wagperiode van tien minute vir motoriste wat van die pad tussen Musina en Louis Trichardt gebruik maak by die verleggings.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines