ADVERTISEMENT:

 

Christene wil verligte kruis op berg oprig

 

News  Date: 12 July 2002

 

LOUIS TRICHARDT – 'n Groepie Christene beoog om 'n verligte kruis op die berg op te rig en het alle ander belangstellendes uitgenooi om by die projek betrokke te raak.

Die bouwerk aan die kruis sal na verwagting binnekort begin. Ten einde soveel moontlik mense betrokke te kry by die projek, word 'n vergadering vir volgende week beplan. Die vergadering vind op Donderdag, 18 Julie by die saal van die NG Kerk Soutpansberg-gemeente plaas en begin om 19:30. Die aksie is interkerklik en lede van alle kerkdenominasies is welkom.

Tydens die vergadering sal 'n lofprysingsweek ook bespreek word. Daar word beoog om so 'n fees gedurende Oktober in Louis Trichardt aan te bied.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines