

ADVERTISEMENT:

News Date: 04 March 2013
Die 39-jarige man van Buysdorp wat daarvan beskuldig word dat hy sy 15-jarige stiefdogter verkrag het, is vandeesweek op R2 000 borg vrygelaat. Hy het laasDinsdag in die Louis Trichardt Landdroshof verskyn.
Die man is reeds op 3 Februarie gearresteer en van verkragting aangekla. Dié klag teen hom is gebring deur sy 15-jarige stiefdogter, nadat hy haar glo gedwing het om seks met hom te hê. Die pa, wat al 10 jaar met die dogter se ma getroud is, woon en werk op Buysdorp. Die man en meisie was in Polokwane gewees vir besigheid en op pad terug toe die voorval na bewering plaasgevind het.
Tydens ‘n vroeër hofverskyning het die man in sy borgaansoek beweer dat sy lewe in gevaar is vir so lank as wat hy in aanhouding bly. Volgens die man, wat beweer het hy is 'n polisie-informant op een van die plase in die Buysdorp-omgewing, het van sy medegevangenes hom herken. Die hof het die man Dinsdag gelyk gegee en hom borg toegestaan. Volgens sy borgvoorwaardes mag hy nie naby Buysdorp kom nie, en mag hy net in die week aanmeld by die plaas waar hy werk. Naweke moet hy in Polokwane bly.
Die man sal weer op 12 April verskyn, sodat sy saak na die Streekslanddroshof oorgeplaas kan word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
