ADVERTISEMENT:

 

‘n Grootgeboude, lang vrou is op CNA in die Makhado Crossing winkelkompleks se videokamera vasgelê waar sy op 6 Maart om 14:12 by die CNA instap met ‘n groot wit sak van ‘n beddegoedwinkel met twee kussings daarin. Sy het ware uit die winkel ingepak en om 14:15 uitgestap. Die vrou het weggekom, maar die sak is gevind.

Pasop vir “foeliefoefie”

 

News  Date: 15 March 2013

 

Besigheidsmense word gewaarsku teen die nuutste “foeliefoefie” waarmee sekuriteitstelsels ontduik word…

“Dit moes die vrou seker ‘n paar dae gevat het om hierdie foeliesak te maak,” het die bestuurder van die CNA in Makhado Crossing in Makhado (Louis Trichardt) gesê, nadat ‘n vrou ware uit die winkel weggedra het. Sy het die goedere in ‘n foeliesak binne-in ‘n ander plastieksak gesit. Die foelie verhinder blykbaar dat winkels se skandeerders by hul uitgange registreer as iemand iets uitdra waarvan die sender-etiket nie deur ‘n kassiere verwyder is nie. Die vrou het weggekom, maar gelukkig is die sak gevind. 

Die grootgeboude, lang vrou is op die winkel se videokamera vasgelê  waar sy op 6 Maart om 14:12 by die CNA instap met ‘n groot wit sak van ‘n beddegoedwinkel met twee kussings daarin. Sy het eers na die tydskrifterak geloop en daarna na die speletjiesrak, waar sy 13 elektroniese speletjies in die foeliesak geprop het. Die kassiere, me. Maureen Ndadza, het haar gevra wat in haar sak was, maar sy het die sak vasgehou en slegs die twee kussings vertoon. Om 14:15 het sy ewe nonchalant uitgestap.

Ndadza het egter onraad gemerk en is agterna. Die vrou het intussen in Pick ’n Pay se drankwinkel ingestap.  “Ek het haar gevra waar haar sak is, maar sy het ontken dat sy ooit ‘n sak by haar gehad het. Sy het gesê dat sy kruideniersware kom koop het, maar het geen inkopies by haar gehad nie,” sê Ndadza.

Die vrou het kort hierna ‘n oproep gemaak en begin wegstap. Intussen het die CNA-bestuurder, me. Yolandé van Zyl, die opsigter van die kompleks gevra om die vrou te agtervolg.

Van Zyl en Ndadza het tevergeefs in Pick ‘n Pay rondgesoek vir die groot sak. Op pad terug na die CNA sien Van Zyl egter die groot sak staan tussen Accutts se banier en Acutts se kantoor langs die CNA. Hulle het die sak oopgemaak en die spesiaal-ontwerpte “diefstal”-sak  ontdek, met hulle goedere daarin.

Van Zyl het die opsigter laat weet, wat in daardie stadium al tot by Solly’s in die middedorp agter die vrou aangestap het.

“Binne in die sak was ‘n strokie wat aangedui het dat die kussings om ongeveer 10:00 gekoop is. Waar het sy dalk oral goed weggedra tussen 10:00 en 14:00? Dis skrikwekkend om daaraan te dink...” het van Zyl gesê. Die waarde van die elektronies speletjies word op omtrent R3 000 geskat.

“Ons gaan strenger daarop wees dat kliënte hulle sakke voor moet los,” het CNA se assistent-bestuurder, mnr. Steven Nagel, gesê.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines