ADVERTISEMENT:

 

Sportterrein moet dalk plek maak vir sakesentrum

 

News  Date: 08 August 2003

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) - Die sentrale sportsaal met die naasliggende ablusiegeriewe, tesame met die muurbalbane op die bestaande sportterrein, sal gesloop moet word as planne vir die ontwikkeling van 'n sakekompleks op die sportterrein voortgaan.

Die Stadsraad het op sy jongste maandelikse vergadering sy goedkeuring geheg aan die onderverdeling van die sportterrein, om plek te maak vir die hoogs omstrede ontwikkeling.

Volgens die raadsbesluit sal die oorhoofse kragdrade aan die noorde- en aan die suidekant van die sportterrein eweneens verskuif moet word om vir die ontwikkeling plek te maak.

Die sentrale sportsaal – waarin verskeie sportklubs nou gehuisves word, tesame met die naasliggende ablusiegeriewe tussen die sportsaal en die jukskeibane, asook die bestaande gebou van die muurbalklub, sal ingevolge die besluit verskuif moet word op koste van die ontwikkelaar, wat ingevolge Tender 8 van 2003 aangewys mag word. Die bestaande huurooreenkoms met die verskillende sportklubs sal ingevolge die raadsbesluit ook gewysig moet word om te verseker dat hulle toegang sal hê tot geriewe wat minstens aan dieselfde standaarde voldoen as die wat hulle op die oomblik benut. Die koste vir die verskuiwing van die saal, ablusiegeriewe en muurbalbaan sal deur die ontwikkelaar gedra moet word. Die raadsbesluit bepaal dat die alternatiewe geriewe nie van 'n mindere standaard as die huidige geriewe mag wees nie.

Intussen duur die omstredenheid voort in verband met die voorgenome hersonering van die gedeelte van die sportgronde wat vir die onderverdeling benodig word.

Die Raad het besluit om die regsmening van 'n deskundige op die gebied van grondgebruikgeskille te bekom, voordat verdere stappe gedoen word om met die hersoneringsproses voort te gaan.

In die raadsbesluti word kennis geneem van die feit dat geen regstreekse toegang vanuit die N1 na die beoogde ontwikkeling toegelaat sal word deur die Padagentskap nie. Terselfdertyd sal 'n boubeperkingslyn van 20 meter langs die N1 van toepassing sal wees, waarop geen bouwerk opgerig mag word nie, maar waarop parkeerplek wel toegelaat sal word. Die bestaande voetpad sal behou moet word om die veiligheid van voetgangers te verseker, terwyl die padreserweheining ook behou moet word. Die oorhoofse elektriese kabels aan die noordekant van die sportterrein sal verwyder moet word om 'n veilige ontwikkelingsarea daar te stel. Die oorhoofse kragdrade aan die suidelike grens van die sportterrein sal verskuif moet word om binne die munisipale area (die sportterrein) te val en nie binne die ontwikkelingsarea nie.

Volgens die raadsbesluit word die omstrede pogings om die Inheemse Boompark te hersoneer "voorlopig" nie voortgesit nie.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines