

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 March 2013
Drie banktellers van Musina is verlede week in hegtenis geneem deur die polisie op aanklagte van bedrog.
Dié drie tellers is verlede Vrydag gearresteer, nadat hulle na bewering derduisende rande verduister het by die plaaslike tak van Eerste Nasionale Bank (ENB). Volgens die polisie se provinsiale kommunikasiekantoor, het die drie tellers glo ‘n nuwe en aparte rekening geskep en kliënte se geld uit hul beleggingsrekeninge daarin laat oorplaas. Hulle is gekonfronteer, nadat kliënte begin navraag doen het oor hul beleggings.
Claire Verster, Gladys Sibanda en Lloyd Khamba het Maandag in die Musina Distrikshof verskyn. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder kol. Ronel Otto is ‘n bedrag van ongeveer R400 000 betrokke.
ENB se hoofkantoor in Johannesburg het Dinsdag die arrestasies bevestig. Verster, Sibanda en Khamba is na afloop van ENB se forensiese ondersoek geskors. Daar is ook reeds bykomende personeel in hulle plek aangestel om toe te sien dat daar geen ongerief veroorsaak word vir kliënte nie.
“ENB verdra geen misdaad nie en sal verseker dat die mense wat betrokke was by die bedrog suksesvol vervolg word,” het ENB-woordvoerder Barry de Witt in ‘n persverklaring gesê.
Verster, Sibanda en Khamba is ná hul hofverskyning vrygelaat, met hul saak wat tot ‘n latere datum uitgestel is.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
