ADVERTISEMENT:

 

Oud-Triegie sterf in motorongeluk

 

News  Date: 28 June 2002

 

LOUIS TRICHARDT – Ziegfried Kunneke, 'n oud-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, is Saterdag skielik oorlede, nadat hy Donderdag (20ste) in 'n motorongeluk betrokke was.

Die ongeluk het in Boksburg plaasgevind. Die 21-jarige Ziegfried het agter 'n voertuig gery wat besig was om 'n sleepwaentjie te sleep. Die sleepwaentjie se wiel het skielik uitgeval, waarna Ziegfried gestop het om te help. Terwyl hy egter besig was met die wiel, het 'n aankomende voertuig hom getref. Hy het op die sypaadjie te lande gekom en, alhoewel hy vir 'n kort tydjie sy bewussyn verloor het, het hy gou weer bygekom. Hy is per ambulans na die hospitaal geneem vir mediese behandeling. Dokters kon egter geen frakture of moontlike hoofbeserings identifiseer nie, selfs nie eers na X-strale en 'n brein aftasting nie. Op die oog af was hy ongedeerd.

Ziegfried se ouers, Nerina en Jan Kunneke van Louis Trichardt, het hom Vrydag in die hospitaal besoek. Sy toestand het skielik verswak waarna hy weer sy bewussyn verloor het. Hy is Saterdag omstreeks 02:10 oorlede. Teen druktyd was die uitslag van die outopsie nog nie bekend nie en dit is onduidelik waaraan Ziegfried oorlede is.

Ziegfried word oorleef deur sy ouers en broer, Ryno (20). Hy sal Maandag, 1 Julie vanuit die Haantjie Kerk op Louis Trichardt begrawe word. Die begrafnis word behartig deur National Legal Aid Funeral Division en sal om 10:00 begin.

 

Written by

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines